Welkom by my webtuiste
Chris Brits – Sanger Musikant “Entertainer” tree landwyd op by konserte, musiekfeeste, skoue en danse. Hy vermaak sy gehore met ‘n groot verskeidenheid van Afrikaanse Country-popmusiek en het ook ondervinding met dans- en Boeremusiek. Chris word ook in die Afrikaanse musiekkringe beskou as ‘n foendi met die konsertina en speel ook die kitaar en baskitaar.
Met ‘n stewige sangstem en besonderse liedjieskrytalent het hy al verskeie kere op TV verskyn en werk gereeld saam met Deon van der Merwe van Fantasia Musiek. Hy het al ‘n aantal CD’s op die rak en van sy liedjies is al jare op radiospeellyste en word ook deesdae in Australia gehoor.
Met sy trefferalbum Bokkie-Bokkie met die Swart Lang Trui het mense regoor ons land betower met sy veelsydigheid. Hy was semi-finalis in die World Song South Africa kompetisie met sy liedjie So Word Drome Waar. Hy vermaak al geruime tuid buitelandse toergroepe en is aktief besig om sy passie uit te leef in die SA Musiekbedryf. Sy leuse is niks wat die moeite werd is kom sonder moeite nie en nou is sy nuutste CD 24 uur klaar!
Die album is geskep met die doel om die lekkertes daarop luidkeels te geniet maar tog stylvol bly. Die musiek vat jou deur emosies van lekker voetejeukgoed en passievolle drome tot heimwee van gister – Met hierdie CD kan gehore ‘n lewendige veelsydige vertoning verwag.
Verrassing!!! Kyk uit vir sy nuutste CD

Hou hierdie spasie dop vir meer inligting!

